Jy's nie 'n toeris nie, maar avonturier!
OPKOMENDE TOERE

Namibië – Land van kontraste
31 Mei – 11 Junie 2025 (Toer per bus na Namibië, vlieg terug na Suid Afrika)
14 – 25 September 2025 (Vlieg na Namibië, toer per bus terug na Suid Afrika)
R 28 700 pp wat deel
‘n Onvergeetlike toer wat bekoor met die skoonheid van eenvoud. Hoogtepunte sluit in Heroes Acre in Windhoek, Goanikontes, die Maanlandskap, die bekende Welwitchia-oerplant en Duin 7 in die omgeweing van Swakopmund.

Kaapstad, Skiereiland, Sutherland en Karoo Nasionale Park
30 Sep – 7 Okt 2025
R 16 150 pp wat deel
Hierdie toer neem ons deur die bittermooi Karoo na ons Moederstad. Met die N1 reis ons oor Laingsburg en Matjiefontein na Kaapstad. Ons program is vol interessanthede: Die Taalmonument, Tafelberg, Kirstenbosch en Robbeneiland.
GEWILDSTE TOERE

Hogsback, Bedford en Somerset-Oos Tuine
1 – 4 NOVEMBER 2025
R 5 900 pp wat deel
‘n Naweek van inspirasie en bewondering vir tuine wat so vroeg as 1884 aangeplant is en oor geslagte heen in stand gehou en gekoester word vir ‘n pragtige erfenis.
Hogsback, hoog in die Amatolaberge, se tuine word besoek, asook tuine in Bedford en op plase in die omgewing.

Afrikaans is Groot, Konsertpakket te Pretoria
(UITVERKOOP) 9 – 10 NOVEMBER 2024
(UITVERKOOP) 16 – 17 NOVEMBER 2024
Vanaf R 3 200 PP wat deel