Namibië – Land van kontraste

3 – 14 JUNIE 2024 (Toer per bus na Namibië, vlieg terug na Suid Afrika)

14 – 25 JUNIE 2024 (Vlieg na Namibië, toer per bus terug na Suid Afrika)

R 26 300 pp wat deel


12 DAE | 11 NAGTE

‘n Onvergeetlike toer wat bekoor met die skoonheid van eenvoud. Hoogtepunte sluit in Heroes Acre in Windhoek, Goanikontes, die Maanlandskap, die bekende Welwitchia-oerplant en Duin 7 in die omgewing van Swakopmund. In die noorde besoek ons die indrukwekkende Etosha Nasionale Park, asook die Otjikotomeer naby Tsumeb en die Hoba-meteoriet by Grootfontein. ‘n Besoek aan die Visriviercanyon, Kokerboomwoud en Reuse se Speelplek, sluit die toer op ‘n hoogtepunt af.

(NB. Paspoorte word benodig)