'n Tyd om die grootheid van ons Skepper in die natuur te deel, om nuwe vriendskappe te sluit en samesyn te geniet.

KIES. REIS. GENIET.

WIE IS ONS?

Eienaars en Toerleiers

Andries & Liesl du Toit

Kosmos Toere beskik oor ‘n verskeidenheid van luukse en semi-luukse busse. Ons floot sluit in 13-sitplek, 21-sitplek, 25-sitplek en 39-sitplek. Busse is toegerus met lugreëling, verstelbare ruglenings, yskas, klankstelsel en toilet (slegs 39-sitplek).

Kosmos Toere is ‘n trotse toeroperateur – ‘n gedrewe onderneming gesetel in die hartjie van die Vrystaat – Bloemfontein. Die toerismemark in die onmiddellike gebied en aangrensende provinsies word deur ons bedien.

Ons het sakpas toerpakette na alle gewilde toeristebestemmings regoor Suid Afrika. Hierdie toere sluit plekke in soos Mpumalanga en Kruger Nasionale Park, St Lucia Vleilande en Noord Natal, Natalse Suidkus. Drakensberge, Tuinroete in die Suid Kaap, Kaapstad en die Peninsula, Weskus en Namakwaland, Kgalagadi Nasionale Park, Overberg, Ooskaap en Wilde Kus, asook bootreise saam met MSC Cruises vanaf Durban.

Ons maak ook voorsiening vir diegene wat ‘n bietjie verder wil reis en Suid Afrika se grense wil oorsteek. Ons besoek al ons buurlande soos Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho en Swaziland. Wees verseker dat geen toer onderneem word sonder dat bekende en gewilde bestemmings soos Victoriawatervalle, Estosha Nasionale Park, Okavango Delta en die Katse Dam besoek word nie. Dit is ‘n moet vir die avontuurlustige.

Allesinsluitende dag-en naweekpakette is baie gewild onder ons kliënte. Ons reël konsertpakkette na al die groot konserte in Johannesburg en Pretoria. Dit sluit onder ander in: Afrikaans is Groot, Classics is Groot, Krone en vele ander produksies wat jaarliks aangebied word. Hou ons kalender dop!

Ons onderneem dagtoere na onder andere die Nampo-oesfees, Sandstone Stoomtreinfees en vele meer.

Dit is ‘n voorreg om na wonderlike plekke in Suidelike Afrika te reis. Kom saam en maak ons deel van u mooi herinneringe.