Namakwaland en Weskus Blommetoer – 8 dae

28 AUGUSTUS 4 SEPTEMBER 2026

R 16 150 pp

Die hele westelike deel van ons land word jaarliks na goeie winterreëns in ‘n blommeskouspel omskep. Veskeie streke is hierdie tyd van die jaar bekend vir hul veldblomprag. Afhangende van die reënval, begin die blomme reeds so ver oos as die Boesmanland en Karoo. Ander streke sluit in Namakwaland, Bokkeveldplato, Olifantsriviervallei, Weskus en die Swartland.

Ons besoek Upington waar ons die Donkie- en Kameelstandbeelde. Ons maak ‘n draai op Kanoneiland en stop by die Waterwiel op Keimoes. Hoogtepunte en besoeke: die Augrabies Nasionale Park, Pofadder en Pella. By Springbok besoek ons die Ghoegap Natuurreservaat. Daarna is dit Kamieskroon, Skilpad, deel van die Namakwa Nasionale Park, Gharies, Bitterfontein en Vanrhynsdorp. Dan Nieuwoudtville, die bolplanthoofstad van die wêreld, Nieuwoudtvillewaterval.
Die volgende dag volg ons die indrukwekkende Pakhuispas in die Sederberge, besoek die asemrowende Bidouwvallei, ry oor Elandsbaai en Dwarskersbos tot by Saldanha. Ons besoek dan Paternoster, die Cape Columbine Natuurreservaat, Langebaan Lagoon, Weskus Nasionale Park en Postberg Privaat Reservaat.
Met die terugreis ry ons oor Darling, Tulbagh, Ceres, Touwsrivier, via Hanover en Colesberg na Bloemfontein.