2027
OP AANVRAAG
Hierdie toer verras ons met die mooiste berge en paaie, weg van die gebaande weë! In die KOO- vallei naby Montagu, beleef ons die mooi Langeberge deur middel van ‘n opwindende trekkerrit. Vandaar neem ons roete ons na die streek net oos van Kaapstad “overt de Hottentots-Holland berg”, vandag bekend as die Overberg. Unieke tonele van berge, strande, wingerde, koring- en canolalande begroet ons. Dit is dan ook langs hierdie kusgebied waar walvisse jaarliks vanaf Antarktika migreer om in die warmer water, geboorte te skenk aan hul kleintjies. Ons bring besoek aan Kaap Agulhas waar die Indiese en Atlantiese oseaan ontmoet. Ons gaan stap ook deur die bekoorlike en geskiedkundige Genadendal Sendingstasie wat geleë is aan die voet van die Riviersonderendberge. Die pad anderkant Zoar, neem ons deur die asemrowende kronkels van die Seweweekspoort. Hier in die hartjie van die Swartberge neem ons dan die afdraai na die besondere Bosluiskloof-Natuurreservaat. Die toer sluit af in die pragtige Karoo-Nasionale Park.



Foto’s: Isolde Beukes