2027
OP AANVRAAG
Hierdie toer is ‘n heerlike wegbreek na twee baie interessante bestemmings in die Noord-Kaap! Mokala Nasionale Park (plek van die Kameeldoringboom) is die nuutste park van SANPARKE. Verskeie bewaringsprojekte word in hierdie park geloods en sal die mooi omgewing jou beslis nie teleurstel nie! Ons besoek daarna Orania wat geleë is op die grasgroen oewers van die Oranjerivier. Orania het wêreldbekendheid verwerf vir hulle Afrikanergasvryheid wat getuig van ‘n eie dink en doen. Kom kuier saam by ʼn unieke gemeenskap wat toeriste verras met hulle werksaamhede, ontwikkeling en verskeie besienswaardighede.
