Namakwaland & Weskus Blommeprag

WESKUS & NAMAKWALAND 15 – 22 AUGUSTUS 2024 (R 14 400 pp wat deel

Die hele westelike deel van ons land word jaarliks na goeie winterreëns in ‘n blomme-skouspel omskep. Veskeie streke is hierdie tyd van die jaar bekend vir hul veldblomprag. Afhangende van die reënval, begin die blomme reeds so ver oos as die Boesmanland en Karoo. Ander streke sluit in Namakwaland, Bokkeveldplato, Olifantsriviervallei, Weskus en die Swartland. Met hierdie toer poog ons om so veel moontlik van hierdie streke in een toer te kombineer en sodoende is ons kans om blomme te sien, groter.
As jy nog nie die blomme ervaar het nie, mis jy ‘n natuurwonder. Kom beslis saam!