14 – 19 AUGUSTUS 2026
R 11 900 pp
Die blommestreek is ‘n gebied wat gekenmerk word as ‘n semi-woestyn. Met goeie winterreëns verander hierdie streek tussen Augustus tot Oktober, in ‘n blommeparadys. Dit word bestempel as een van ons land se grootste wonders.
Ons ry deur Vosburg tot by Carnavon, met ‘n besoek aan ‘n Korbeelhuisie. Hoogtepunte sluit die volgende besoeke in: Nieuwoudtville, bolplanthoofstad van die wêreld, die Nieuwoudtville-waterval, Vanrhynspas en stop om die asemrowende uitsigte oor die Knersvlakte te aanskou.
Ons volg die indrukwekkende pakhuispas in die Sederberge, dan Elandsbaai, Dwarskersbos en Saldanha. Die volgende dag besoek ons Paternoster, Cape Columbine Natuurreservaat, Langebaan Lagoon, Weskus Nasionale Park en Postberg Privaat Reservaat.
By Darling en Tulbach is daar ook heelwat kleurvolle verrassings voor ons terugkeer na die Vrystaat.







