Krugerwildtuin, Mapungubwe en Marakele

14 – 21 MAART 2024

R 12 400 pp wat deel

Hierdie toer is vir diegene wat die ongerepte Afrika, skoonheid en rustigheid van die natuur en wonders van die skepping kan geniet en waardeer. SANPARKE regoor Suid Afrika sorg vir onvergeetlike besoeke, asemrowende tonele en kosbare herinneringe. Ons gaan fokus op die Marakele Nasionale Park wat geleë is in die hartjie van die Waterberge, die misterieuse Mapungubwe en sluit die toer af met die noordelike en sentrale streek van die alom bekende Kruger Nasionale Park.