Mpumalanga, Krugerwildtuin, Swaziland en Noord-Natal

17 – 24 MEI 2026

R 14 750 pp

Hierdie is ‘n uitsonderlike toer met verskeie hoogtepunte in Mpumalanga, onder andere Drie Rondawels, Bourke’s Luck, God’s Window, Graskop hysbak en Pelgrimsrus. Die Krugerwildtuin het geen bekendstelling nodig nie en sorg altyd vir foto-oomblikke. Ons verbreed ons eie horison met ‘n besoek aan die kleinste soewereine staat ter wêreld, Swaziland, vandag bekend as eSwatini. Nog ‘n asemrowende deel van ons land is die mooi St.Lucia waar ons die St.Luciameer en ongerepte strand van Cape Vidal besoek. Op pad huis toe, maak ons ‘n laaste draai in die bekoorlike Midlands Meander.

(NB. Paspoorte word benodig)