18 – 22 OKTOBER 2024
Op aanvraag
In die Kgalagadi Nasionale Park beleef ons asemrowende natuurtonele (diere, voëls en sonsondergange). Ons word verkwik met rustigheid en word vermaak met die geroep van jakkalse, terwyl ons om die braaivleisvuur sit. Witsand word geken aan sy spierwit Kalahari-sandduine en ons besoek ook die bekende brulsand wat onder gunstige omstandighede “brul” as dit versteur word.

