2027
OP AANVRAAG
Die Kgalagadi-Nasionale Park is een van die juweel SANPARKE! Hier word jou siel gevoed met rustigheid en word jy intens bewus van ‘n besondere simbiose waar dier en natuur oorleef en aangepas is vir uiterse omstandighede. Die naggeluide van jakkalse, uile en die knetter van ‘n kampvuur is soos ‘n tuiskoms! By Witsand tussen Groblershoop en Griekwastad, wag ‘n volgende hoogtepunt. Hierdie reservaat word geken aan sy spierwit Kalahari-sandduine en besoek ons die bekende brulsand wat onder gunstige omstandighede “brul”, as dit versteur word.

