22 – 29 SEPTEMBER 2026
R 16 900 pp
Die Kaap van storms, ons Moederstad, word gereken as die mooiste stad in die wêreld! Kaapstad het baie om te bied vir die toeris, maar die program is altyd onderhewig aan weersomstandighede. Interessante besoekpunte is onder andere die Taalmonument, Tafelberg, Kirstenbosch, Waterfront, Two Oceans Akwarium, Chris Barnard Hartmuseum, Robbeneiland, Kaappunt, Chapmanspeak, Houtbaai en vele meer (sommige aktiwiteite is opsioneel). ‘n Opwindende treinrit na Elgin (onderhewig aan treinskedule) word onderneem en maak dit weer baie herinneringe in ons wakker! Op pad terug na die Vrystaat, besoek ons die bekoorlike Sutherland en word ons stil-verryk met die wonders van die skepping en hemelruim. Die toer maak ‘n laaste buiging in die besondere Karoo-Nasionale Park voor ons terugkeer na Bloemfontein.



