Dwarswegstrand seevakansie, Groot-Brak

10 – 17 April 2024

R 8 800 pp wat deel

Jaarliks gaan ons na ‘n seebestemming vir ‘n week van heerlike rus. Gewilde bestemmings vir dié vakansie is onder andere Hartenbos, Mosselbaai en Groot-Brakrivier. Ons bly in selfsorg eenhede naby die see en kan mooi uitsigte geniet en die strand maklik bereik. Verskeie daguitstappies word tydens die week onderneem met addisionele aktiwiteite wat in die omgewing gedoen word. Dit kan insluit – gemeenskapsmarkte, boot – en treinritte, besoeke aan plaaslike museums en interessante besienswaardighede. Elke toerlid bepaal sy eie pas en deelname aan die uitgewerkte program.