1 – 12 JULIE 2026
R 35 500 pp
Die Botswanatoer het etlike hoogtepunte en sluit lande soos Nambië, Zimbabwe en ons eie land in, om dit voorwaar ‘n besondere ervaring te maak. In Botswana naby Nata, besoek ons die die uitgestrekte Makgadigadipanne. Hierdie uitsig wat op jou wag sal jou vul met diepe verwondering. In Maun word die Okavango-delta op verskeie maniere beleef (o.a. met ‘n makoro-rit of opsionele vliegtuigrit) en besef ons as mens maar net weer hoe klein ons is in die groot skepping. Die Caprivistrook in Namibië, vertel weer die verhaal van onrus wat plek gemaak het vir vrede. Hier sal jou siel gevoed word langs die waters van die Okavangoriver.
Terug in Botswana besoek ons die Chobe Nasionale park en beleef die migrasie van die diere tussen die rivier-eilande. Die hoogtepunt in daardie omgewing is ‘n besoek aan die majestieuse Victoriawatervalle wat ons vanaf Zimbabwe se kant bereik. Hierdie wonderlike ervaring kan met verskeie opsionele aktiwiteite soos ‘n helikoptervlug oor die valle, nog meer spesiaal gemaak word.
Die toer word verseël met ‘n stukkie hemel op aarde. Elephant Sands naby Nata is ‘n toonbeeld van Botswana se karakter waar mens en dier in harmonie leef. Dis hier waar die nederige bosreuse rustig water drink terwyl ons hulle op ‘n besondere kort afstand van nader kan bewonder.
Terug in Suid-Afrika sluit ons ‘n wonderlike toer af om ‘n Bosveldkampvuur by die pragtige Sebe Sebe.
(NB. Paspoorte word benodig)


