BEDFORD, SOMERSET-OOS & HOGSBACK TUINFEES

2027

OP AANVRAAG

Hierdie is ‘n toer vir tuiniers en nie-tuiniers! Ons bring besoek aan tuine en veral plaastuine in die Somerset-Oos en Bedford omgewing. Hierdie tuine kom oor geslagte heen en bewonder mens die liefde vir tuinmaak wat oorgedra word van ma na dogter of skoondogter!. Die vallei- en bergagtige omgewing sorg vir prentjiemooi uitsigte. Hoog in die Amatolaberge besoek ons die sprokiesagtige Hogsback en verskeie besoekpunte wat jou na jou asem sal laat snak!