Namibië – Land van Kontraste (vanaf Port Elizabeth)

10 – 21 JUNIE 2026

R 31 000 pp

Namibië is een van daardie bestemmings wat jou sprakeloos laat met sy uitgestrekte skoonheid en eenvoud! Wonderlike hoogtepunte in die suidelike deel van die land sluit in die Visriviercanyon, Ai-Ais en Aussenkehr. Al langs die kronkeling van die Oranjerivier volg ons die pad tot by Sendelingsdrif. Van daar ry ons deur die Ai-Ais-Richtersveld Oorgrenspark tot by Lüderitz. In dié are is Kolmanskoppe en Garub se Woestynperde, besondere besienswaardighede. Verdere bestemmings op pad is Sesriem, Sossusvlei,Solitaire en Duin 7 naby Walvisbaai.

In die Swakopmund-omgewing besoek ons Goanikontes, die Maanlandskap en die bekende Welwitchia-oerplant. In hierdie area is daar ook tyd vir addisionele ekskursies eie aan die omgewing (onder andere “Desert Tour” en “Catamaran Cruise”).   In die noorde van Namibië wag die indrukwekkende Etosha Nasionale Park! Ons besoek die Otjikotomeer naby Tsumeb en die Hoba-meteoriet by Grootfontein. Die toer sluit af in Windhoek, vanwaar die groep terugvlieg na Suid Afrika (vliegkaartjie ingesluit). Die toer word ook in die teenoorgestelde rigting aangebied met die volgende groep wat vlieg vanaf Suid Afrika tot in Windhoek, waar die toer dan begin (vliegkaartjie ingesluit).

(NB. Paspoorte word benodig)