14 – 19 AUGUSTUS 2026
R 11 900 pp
Die blommestreek is ‘n gebied wat gekenmerk word as ‘n semi-woestyn. Met goeie winterreëns verander hierdie streek tussen Augustus tot Oktober, in ‘n blommeparadys. Dit word bestempel as een van ons land se grootste wonders.
Hoogtepunte sluit onder andere in Augrabieswaterval, Springbok, Goegab Natuurreservaat, Namakwa Nasionale park (Skilpad), Nieuwoudtville via die Knersvlakte en Vanrhynspas en Clanwilliam met die pragtige Pakhuispas in die Sederberge. Vanaf Langebaan verken ons Weskus Nasionale Park, Paternoster, Tietiesbaai, Langebaan en Saldanha. By Darling en Tulbach is daar ook heelwat kleurvolle verrassings voor ons terugkeer na die Vrystaat.


