Mpumalanga, Krugerwildtuin, Swaziland en Noord-Natal
20 – 27 Mei 2024
OP AANVRAAG
Hierdie splinternuwe toer getuig van ons wonderlike land se natuurskoon en diereryk. SANPARKE regoor Suid Afrika sorg vir onvergeetlike besoeke, asemrowende tonele en kosbare herinneringe.
Namibië – Land van kontraste
3 – 14 JUNIE 2024 (Toer per bus na Namibië, vlieg terug na Suid Afrika)
14 – 25 JUNIE 2024 (Vlieg na Namibië, toer per bus terug na Suid Afrika)
R 26 300 pp wat deel
‘n Onvergeetlike toer wat bekoor met die skoonheid van eenvoud. Hoogtepunte sluit in Heroes Acre in Windhoek, Goanikontes, die Maanlandskap, die bekende Welwitchia-oerplant en Duin 7 in die omgeweing van Swakopmund.
Botswana, Caprivi, Victoriawatervalle
7 – 18 JULIE 2024 & 31 JULIE – 11 AUGUSTUS 2024
R 28 600 pp wat deel
Hierdie toer sorg vir etlike hoogtepunte oor 4 lande. Die Makgadigadipanne, die Okavango-delta by Maun, die Caprivistrook met die pragtige Okavangorivier, Chobe Nasionale Park en die grootste vooruitsig is die indrukwekkende en asemrowende Victoriawatervalle.
Lesotho (hou hierdie spasie dop)!
Op aanvraag
Suidelike Namibië & Kgalagadi
‘n Heerlike toer van begin tot einde! Augrabieswaterval word besoek. By Onseepkans gaan ons Namibië binne. Langs minder bekende paaie volg ons die kronkeling van die Oranjeriver tot by Noordoewer.