Die Hel, Tuinroete, Suidkaapse bergpasse en Nieu Bethesda

16 – 24 Mei 2022


9 DAE | 8 NAGTE

‘n Toer wat woude, bosse, berge, mere en strande insluit. Ons verruil die hoofpaaie vir agterpaaie en besoek onder andere interessante plekke in Prins Albert, “die Hel” en Knysnabos. Aktiwiteite en hoogtepunte om nie te mis nie, kan insluit ‘n besoek aan Sedgefield mark, ‘n bootvaart op die Knysnameer en ‘n rit op die Powervan. Die toer word op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n besoek aan die bekorende Nieu Bethesda.