Overberg, Hermanus se walvisse
& Seweweekspoort

27 – 3 Oktober 2022

R 10 950


7 DAE | 6 NAGTE

‘n Area wat jou betower met pragtige berge, vrugteboorde, wingerde, die see en walvisse! Saam met die natuur se skoonheid word die hoogtepunte nog meer met ‘n trekkerrit in die Langeberge (Montagu), ‘n besoek aan die kunstenaarsdorpie Greyton en die bekoorlike Genadendal Sendingstasie aan die Riviersonderendberge. ‘n Opsionele bootvaart kan onderneem word om die reuse van die see van naderby te aanskou. Ander hoogtepunte sluit in Cape Agulhas, Malgas, Seweweekspoort en Bosluiskloof Natuurreservaat in die Swartberge. Die toer sluit af in die pragtige Karoo Nasionale Park.