3 – 14 SEPTEMBER 2022
R 22 900
12 DAE | 11 NAGTE



‘n Onvergeetlike toer wat bekoor met die skoonheid van eenvoud. Hoogtepunte sluit in Heroes Acre in Windhoek, Goanikontes, die Maanlandskap, die bekende Welwitchia-oerplant en Duin 7 in die omgewing van Swakopmund. In die noorde besoek ons die indrukwekkende Etosha Nasionale Park, asook die Otjikotomeer naby Tsumeb en die Hoba-meteoriet by Grootfontein. ‘n Besoek aan die Visriviercanyon, Kokerboomwoud en Reuse se Speelplek, sluit die toer op ‘n hoogtepunt af.
(NB. Paspoorte word benodig)