Namakwaland en Weskus – Toer 2

25 – 30 Augustus 2022

R 9 900

Hierdie is die tweede Namakwalandtoer wat bietjie korter is. Hoogtepunte sluit in die Knersvlakte en Vanrhynspas wat ons na die bolplant hoofstad, Nieuwoudtville, neem! By Clanwilliam staan mens verwonderd teenoor die Sederberge se rotsformasies wat soos boublokkies opgestapel waghou in die stilte. Weskus Nasionale Park, Paternoster, Tietiesbaai, Langebaan, Saldanha en Jacobsbaai is nog pragtige besoekpunte op ons roete. By Darling en Tulbach is daar ook heelwat kleurvolle verrassings! Twee toere word aangebied: ‘n 8-dag omvattende toer en ‘n verkorte 6-dag weergawe wat die noordelike streek uitsluit.

Tietiesbaai