Kaapse Skiereiland, Wynland & Karoo Nasionale Park

Op aanvraag

Hierdie toer neem ons deur die bittermooi Karoo na ons Moederstad. Met die N1 reis ons oor Laingsburg en Matjiefontein na Kaapstad. Ons program is vol interessanthede: Die Taalmonument, Tafelberg, Kirstenbosch en Robbeneiland. ‘n Dag al met die kus langs sluit verrassings in soos Kaappunt, Chapmanspeak, Houtbaai en vele meer. Stellenbosch, Franschhoek en die wynplase is natuurlik ook op ons program. Oppad terug besoek ons die Karoo Nasionale Park met sy unieke natuurskoon wat net die Karoo kan bied.